Riviere styg mooi, net benede-Oranje steeds laag
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het ‘n styging van 1,08 meter twee dae gelede tot 1,13 meter vanoggend aangeteken. Die watervlak is steeds laer as die vlak van 1,70 meter wat op dieselfde tyd verlede jaar aangeteken is. Die Okavangorivier by Rundu het sedert gister met 9 sentimeter gestyg en vloei op 5,34 meter. Die huidige watervlak is laer in vergelyking met die 5,58 meter in die ooreenstemmende periode verlede jaar. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 296,9 kubieke meter per sekonde aangeteken, veel meer as ‘n week gelede en byna by die 305,40 kubieke meter per sekonde op dieselfde tyd verlede jaar. Die watervlak by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede Oranje was onderskeidelik 0,62 meter en 0,07 meter.