Plaaswerkers bo 60 kan nie so gelos word nie – aktivis
Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb het hom oor ‘n generasie plaaswerker van 61 jaar ontferm wat verlede week uitgesit is op die plaas waarop hy gewerk het. Gariseb sê dit is onaanvaarbaar dat die man so lank op ‘n plaas kan werk en dat eenvoudig afgetree word sonder enige finansiële bystand of heenkome. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gepraat: