Oud-Pakistan kapteins glo Kampioenetrofee sal krieketliefde laat herleef

Krieket: Die voormalige Pakistanse kapteins Inzamam-ul-Haq, Misbah Ul Haq en Aamer Sohail glo die Kampioenetrofee sal die land se liefde vir die spel laat herleef. Dis die eerste keer sedert 1996 dat Pakistan ‘n groot toernooi aanbied. Die land het ook jare lank sy tuiswedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel na ‘n terreur-aanval op ‘n besoekende span se bus in 2009. Misbah sê dis ‘n groot geleentheid vir aanhangers en jong spelers om die sterre in lewende lywe te sien. Die toernooi begin Woensdag.