Namcor besing ooreenkoms met Chevron in PEL 82
Chevron het die uitplaasooreenkoms met Custos Energy en Namcor vir PEL 82 in die Walviskom aflandig die kus van Namibië voltooi, en het ‘n 80 persent deelnemende belang en operateurskap verkry. Custos en Namcor het elk ‘n belang van 10 persent behou. Die transaksie is ‘n belangrike stap in die ontwikkeling van Namibië se aflandige olie- en gassektor. PEL 82, wat blokke 2112B en 2212A dek, word beskou as een van die aantreklikste geleenthede in die Walviskom. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, oor hierdie verwikkeling gesels.