LPM hoofsweep praat by Zelensky-gesprek oor voedselsekerheid

Die LPM se hoofsweep, Utaara Mootu, sê sy is deur die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, genooi om wêreldwye voedselsekerheid te bespreek. Sy was by die München Sekuriteitskonferensie wat gister afgesluit het. Mootu het aan plaaslike media gesê sy kon nie meer oor die uitnodiging deel nie en sê dit is vertroulik. Sy sê die ontmoeting is ‘n bespreking wat deur Zelensky aangebied word, wat daarop gemik is om planne te beraam oor hoe lande hul onmiddellike humanitêre voedselprogramme kan aanpas. Mootu het gedurende ‘n paneelbespreking gepraat.