Korrupsie by NSFAS lig stelselprobleme uitFebruary 17, 2025
Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het die onetiese praktyke binne en buite die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente veroordeel. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid is daar studente wat op bedrieglike wyse toegang tot befondsing gekry het terwyl sommige skema-werknemers doelbewus aansoekers wat nie kwalifiseer nie, goedgekeur het. Die eenheid sê die skema het onlangs alle studente wat voorheen goedgekeur is, geëvalueer en bevind ongeveer 40 000 kwalifiseer nie vir befondsing nie. Die komitee het kommer uitgespreek oor die stelselprobleme om bedrog in die hulpskema te bekamp.