Klomp dwelms oor die naweek gevind
Vier beslagleggings van dwelms is die naweek deur die Namibiese polisie gemaak. Op Omaruru is ‘n 23-jarige Namibiese man in hegtenis geneem nadat hy tydens ‘n polisie-optrede in besit van 55 Mandrax-tablette ter waarde van 6 600 Namibiese dollar gevind is. Op Tutaleni aan die kus is ‘n 29-jarige man in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van 81 gram dagga ter waarde van net meer as 4 000 dollar en op Okahandja is ‘n 18-jarige Angolese man gearresteer nadat hy deur polisielede gevind is waar hy onwettige goedere verkoop het met 235 pakkies van Yes-sigarette en 74 sakkies whisky. In Windhoek is ‘n 38-jarige Angolese man in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van 2 452 tablette, vermoedelik Ecstasy-pille, ter waarde van 294 240 dollar.