Groep Afrikaners se versoekskrif op pad na TrumpFebruary 17, 2025

Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het bevestig hulle gaan ʼn versoekskrif van ʼn groep Afrikaners aanstuur na die Amerikaanse president, Donald Trump. Sowat ‘n duisend mense het Saterdag buite die ambassade byeengekom en gevra vir Amerikaanse ingryping teen Suid-Afrika se Onteieningswet. Die regering hou vol daar is geen grondgrype nie en geen groep word geteiken nie maar die aktivis Willem Petzer beweer die wet raak die Afrikaner-gemeenskap.