Gevare van radioaktiewemynwese uitgeligFebruary 17, 2025
Die Internasionale Atoomkragagentskap het onlangs ‘n webinaar aangebied getiteld, “Kernkrag: ‘n Skoon Energiebron”. Die sessie het die belangrike rol van kernkrag in die oorgang na volhoubare- en lae-koolstof energieoplossings in Afrika ondersoek. Namibiër Thekla Mutero, die stigterspresident van die Emerging Mining Association of Namibia, het die gevare van radioaktiewe mynbou beklemtoon, veral aangesien Namibië die grootste uraanprodusente op die vasteland is.