Cyril sal gesante noem om SA se buitelandse beleid te verduidelik 

President Cyril Ramaphosa gaan hierdie week die name finaliseer van internasionale gesante wat na verskeie lande gestuur sal word om Suid-Afrika se buitelandse en plaaslike beleid te verduidelik. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, hulpbefondsing aan die land weens die Onteieningswet gestaak en vlugtelingstatus aan Afrikaners gebied het. Adjunkpresident Paul Mashatile het in ʼn onderhoud aan eNCA gesê die sending sal uit ʼn breë afvaardiging bestaan: