Alle gyselaars moet vrygelaat word, anders… 

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê die hel sal losbreek as Hamas nie al die gyselaars in Gaza vrylaat nie. Dit kom net twee weke voor die eerste fase van die brose skietstilstand tussen Israel en Gaza tot ʼn einde sal kom. Die tweede fase waarin Hamas onder andere die orige gyselaars moet vrylaat in ruil vir nog Palestynse gevangenes, moet nog onderhandel word. Netanyahu sê hy is vasbeslote om seker te maak Hamas is nooit weer ʼn bedreiging vir Israel nie: