Akkommodasie-bedrywe ‘moet dieselfde behandel word’

Die Namibië Toerismeraad het ‘n streng waarskuwing aan ongeregistreerde akkommodasieverskaffers gerig wat deur platforms soos Airbnb sake doen dat hulle moet voldoen aan die Wet op die Namibië Toerismeraad. Volgens hierdie wet moet enigiemand wat ‘n akkommodasie-onderneming wil bedryf, by die raad registreer. Airbnb-operateurs moet voor 30 April registreer of ‘n boete van 20 000 Namibiese dollar in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat sê alle akkommodasiebedrywe moet dieselfde behandel word.