Aardbewings volgende week in die soeklig met groot vergadering in hoofstadFebruary 17, 2025
Die myne-ministerie sal van 24 tot 28 Februarie die Algemene Vergadering van die Afrika-seismologiese kommissie huisves, wat seismoloë van regoor die kontinent bymekaar sal bring. Besprekings sal fokus op aardbewingnavorsing, tegnologie, en Namibië se rol as ‘n ondertekenaar van die Omvattende Kerntoetsverbod-verdrag en gasheer van internasionale moniteringstelselstasies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mako Sitali, ‘n geoloog by die ministerie.