Weerlig slaan Zambezi-boere hard

Boere in die Zambezi-streek doen ‘n beroep op die regering vir hulp ná die verwoestende verlies van hul beeste weens weerlig. Volgens NBC het die voorval Woensdagmiddag by die Kaenda-nedersetting plaasgevind. Een boer het 11 diere verloor en sê sy verliese staan op 150 000 tot 200 000 Namibiese dollar. Die boere meen dat die regering hulle moet bystaan omdat hulle nie van die verlies kan herstel nie. Die groter meerderheid van die boere in die streek is bestaansboere.