Tennis: Jong Fonseca wen Argentynse Ope
Die Brasiliaanse tiener Joao Fonseca het Saterdag die jongste kleibaanfinalis sedert Carlos Alcaraz in 2021 geword toe hy na die eindstryd van die Argentynse Ope deurgedring het. Die 18-jarige het Laslo Djere van Serbië met 7-6, 5-7, 6-1 in ‘n dramatiese halfeindstryd oorwin. Hy het kalm gebly teen sy geharde opponent nadat hy ‘n wedstrydpunt in die negende spel van die tweede stel afgeweer het. Hy kom vanaand in die eindstryd teen Francesco Cerondolo van Argentinië te staan.