Sacu-kraantjie draai kleiner vir Namibië
Namibië se inkomste uit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie sal na verwagting van 28 miljard Namibiese dollar in 2024 tot 21 miljard dollar in 2025 daal, het die Bank van Namibië gesê. The Brief berig dat die hoof van beleggings by Simonis Storm, Max Rix, die afname hoofsaaklik toeskryf aan globale ekonomiese faktore en veranderings aan die unie se inkomstedelingsformule. Dit beklemtoon opnuut Namibië se kwesbaarheid vir eksterne ekonomiese verskuiwings en interne strukturele uitdagings, sê hy. Volgens Rix is daar groot risiko’s verbonde aan die steun op eksterne inkomstestrome.