Nujoma se LBGTQ-uitsprake bly omstrede
Die Nasionale Vergadering is steeds besig met ‘n routydperk en herdenking van wyle stigterspresident Sam Nujoma. Die Engelse dagblad The Namibian het vandeesweek ‘n storie op die voorblad gehad dat die LGBTQ-gemeenskap Nujoma vergewe vir sy retoriek teen hulle. Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het hierteen te velde getrek.
Reaksie is ontvang van die sosiale aktivis Ethne Mudge, wat sê die geskiedenis sal Ekandjo nie met deernis onthou nie.