Krieket: Baie meer prysgeld in Kampioenetrofee

Die prysgeld vir die Kampioenetrofee in Pakistan is 53 persent hoër as die vorige toernooi in 2017. Die Internasionale Krieketraad het bekendgemaak die wenner kry meer as 41 miljoen Suid-Afrikaanse rand en die naaswenner 22 miljoen uit die algehele prysgeld van 126,8 miljoen. Die beheerliggaam sê die aansienlike prysgeld onderstreep sy volgehoue verbintenis om in die sport te belê en die wêreldwye aansien van sy toernooie uit te bou. Die gashere en Nieu-Seeland skop die toernooi Woensdag in Karatsji af, en die Proteas pak Afganistan Vrydag.