Junior Bokkies op pad na Georgië

Die Junior Springbok-oefengroep vertrek vandag na Georgië op hul driewedstryd-toer. Die groep van 30 spelers vlieg via Istanbul in Turkye na hul toerbasis in Tbilisi, waar die Suid-Afrikaanse onder-20 span ‘n klubwedstryd en twee internasionale wedstryde teen hul Georgiese eweknieë sal speel. Die vergrote oefengroep is al vir verskeie weke in kamp in Stellenbosch terwyl hulle voortgaan met voorbereidings vir die komende internasionale seisoen, berig Supersport. Buiten vir die reis na Georgië, is die Junior Bokkies ook geskeduleer om deel te neem aan die U20 Rugby-kampioenskap en die Wêreldrugby U20-kampioenskap.