Europese leiers besin oor Oekraïne

Europese leiers ontmoet na verwagting volgende week vir ‘n noodberaad oor die oorlog in Oekraïne. Dit volg na kommer dat die VSA voortgaan met Russiese vredesonderhandelinge sonder Europa. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, wat die beraad in Parys sal bywoon, sê dit is duidelik dat Europa ‘n groter rol in Navo moet speel. Dit volg na Donald Trump se spesiale gesant na Oekraïne gesê het daar sal gesprekke met Europese leiers wees, maar hulle sal nie deel wees van die samesprekings tussen die VSA en Rusland oor die beëindiging van die oorlog nie.