Ugab-olifantjie gered

‘n Pasgebore olifantkalfie is deur die omgewingsministerie uit die Ugab-trop verwyder en na die Okutala Etosha Lodge verskuif na dit deur die ma en die hele trop verwerp is. ‘n Veearts van die ministerie het die kalfie gestabiliseer. Die wesie word tans deur ‘n spesialis-veearts behandel, maar is steeds in ‘n kritieke toestand. Elephant Human Relations Aid (EHRA) en Ondjamba Hills het die ministerie met hul reddingspoging gehelp. Volgens die ministerie word verskeie kalfsterftes die afgelope jare in die Ugab-trop bespeur, hoofsaaklik weens die moeilike en dorre omstandighede waarin hulle moet oorleef. Sodra die kalf groter en sterker is, sal dit weer in die natuur vrygelaat word.