Sperdatum vir registrasie vir veeprodusente

Die Raad vir Lewendehawe en Lewendehaweprodukte doen ‘n beroep op individue of entiteite wat betrokke is by die handel in produkte wat onder die Wet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte gereguleer word, om by die raad te registreer. Registrasie is ‘n voorvereiste vir aansoek om permitte wat nodig is vir die invoer en uitvoer van beheerde veeprodukte. Die raad het ‘n aanlyn stelsel vir permitaansoeke geïmplementeer, wat die proses doeltreffender maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desmond Cloete, die raad se hoof van bemarking, wat sê die sperdatum is 15 Maart.