Schumacher-gesin afgepers
Drie mans is in Duitsland skuldig bevind aan afpersing van die Formule Een-legende Michael Schumacher se gesin. Hulle het gedreig om 900 privaat foto’s en byna 600 video’s op die donkerweb te publiseer as hulle nie 290 miljoen Namibiese dollar opdok nie. Hulle het ook gedreig om digitale afskrifte van Schumacher se mediese rekords te publiseer. Die 53-jarige baasbrein is drie-jaar tronkstraf opgelê en sy seun ‘n opgeskorte vonnis van ses maande. ‘n Voormalige werknemer van ‘n sekerheidsfirma wat vir die Schumachers werk, het ‘n opgeskorte vonnis en ‘n boete van 46 000 Namibiese dollar gekry.