‘SA dwelmkrisis blatante mislukking van leierskap’
ActionSA veroordeel die versuim van die ANC-geleide regering om Suid-Afrika se toenemende dwelmkrisis aan te pak. ActionSA-woordvoerder, Dereleen James, kritiseer die ANC se afwysende opmerkings oor die Sentrale Dwelmowerheid se pleidooi vir ondersteuning en beskryf dit as ‘n blatante mislukking van leierskap. James doen oplossings aan die hand, insluitend die ontplooiing van die weermag na bende-brandpunte, die dekriminalisering van dwelmgebruik en verpligte rehabilitasie. Sy vra ondersteuning vir gemeenskappe waar verslawing en misdaad hoogty vier: