Russiese hommeltuig tref Tsjernobil
Uit die buiteland word berig dat ‘n Russiese hommeltuig die bestralingsbeskermer van Tsjernobil se beskadigde kernreaktor getref het. Volgens Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky ,het die oornagaanval ‘n brand veroorsaak wat intussen geblus is. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het vroeër gesê die bestralingsvlakke by Tsjernobil bly normaal en bestendig. Die rampspoedige ontploffing by Tsjernobil in 1986 het tot ‘n openbare gesondheidskrisis in Europa gelei. Die amptelike dodetal is vasgestel op 31 mense, maar in 2005 het die VN voorspel ‘n verdere vier-duisend kan sterf as gevolg van bestralingsblootstelling.