Oekraïne-plan kort nog baie werk

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het tydens ‘n vergadering met die Amerikaanse visepresident JD Vance op die jaarlikse Münchense Sekerheidskonferensie in Duitsland gesê nog werk is nodig aan ‘n plan vir die beïndiging van die oorlog in die land. Zelensky het vroeër gesê hy sien nie ‘n “Amerikaanse plan wat gereed is”nie. Ondanks ‘n voorstel deur president Donald Trump vir onderhandelings tussen die VSA, Rusland en Oekraïne vandag in München, is Rusland nie by die spitsberaad nie en ook nie genooi na die vergadering nie. Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het byna drie jaar gelede begin.