M23, soldate beset DRK-lughawe
Elders in Afrika het M23-vegters en Rwandese soldate beheer oorgeneem oor ‘n lughawe by Bukavu, die hoofstad van die Suid-Kivu-provinsie in die ooste van die DRK. AFP berig die strategiese gebied, waar Kongolese soldate gestasioneer was, is die laaste militêre hindernis vir teen-regeringsmagte voor die stad met een-miljoen inwoners, sowat 30 kilometer verder. Die voorval het plaasgevind terwyl leiers bymekaargekom het vir ‘n beraad van die Afrika-Unie om onder andere samesprekings te voer ná toenemende geweld in die streek vrese vir ‘n groter konflik aangewakker het.