Louw terug in Leeus-kamp
Op die rugbyfront keer die senter Marius Louw terug na ‘n besering vir die Leeus in vandag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Stormers in Johannesburg. Hy sal Henco van Wyk se sentermaat wees. Gianni Lombard speel losskakel ten koste van Sam Francis, wat swak geskop het in die onlangse wedstryd teen die Bulle. Die enigste ander verandering aan die opdrafspan is op slot, waar Darrien Landsberg vir Ruan Delport vervang. Die Leeus is tans 13de op die punteleer en die Stormers tiende. Afskop op Ellispark is 14.30.