Jona-verhaal speel in Venezuela af
In Venezuela het ‘n vier-en-twintigjarige man, Adrián Simancas, het in sy kajak geroei in Bahía El Águila in die straat van Magellan toe ‘n walvis hom en sy geel kajak ‘n paar sekondes lank in sy bek gehad het voor hy hom uitgespoeg het. Simancas se pa, Dell, wat saam met hom geroei het, het die voorval afgeneem. Adrián is ongedeerd en as sy pa nie die bewys van die voorval gehad het nie, sou sy storie moontlik moeilik gewees het om te glo. Adrian sê hy’t gedink sy dae is getel nadat hy ingesluk is en dat die walvis hom geëet het.