Japanse vrou in warm water oor broodrolletjie

‘n Vrou is in Japan in hegtenis geneem omdat sy na bewering ‘n broodrolletjie platgedruk het in ‘n winkel en uitgestap het sonder om die brood te koop. Die owerhede in die suidelike stad Fukuoka het aan die BBC gesê die 40-jarige is aangekeer op strafregtelike aanklagte. Die vrou, wat glo werkloos is, beweer sy wou net uitvind hoe vars die rolletjie en het dit net liggies gedruk. Die sak het nie geskeur nie, maar die polisie sê een van die rolletjies is beskadig en die pak kon nie verkoop word nie.