Dyspier kniehalter Arsenal se Havertz

In sokkernuus sien Arsenal se afrigter, Mikel Arteta, uit na die uitdaging om sonder Kai Havertz reg te kom terwyl hy worstel met ‘n toenemende doelskieter-krisis in sy Premierliga-titelveldtog. Die Duitse voorspeler loop die res van die seisoen mis na ʼn operasie weens ʼn dyspierbesering. Die Gunners is tans tweede op die punteleer, sewe punte agter Liverpool, en die kas is leeg wat voorspelers betref. Hulle het net Leandro Trossard, Raheem Sterling en Ethan Nwaneri as erkende voorspelers beskikbaar voor vandag se wedstryd teen die sukkelende Leicester. Afskop is om 14.30 SA tyd.