Droogte klou ondanks goeie neerslae
Die Namibiese weerdiens sê in sy verslag van Januarie se reënval dat verspreiding streeksveranderlikheid toon regoor die land in vergelyking met die langtermyn gemiddeldes. Bogemiddelde reënval is in die sentrale deel aangeteken sowel as sentraal-Hardap en die noordelike Karas-streek. Groot dele soos die verre Suide en die noordweste het ondergemiddelde reënval ontvang, met sommige dele wat tekorte van 75 persent aangeteken het. Dus duur droogtetoestande voort.