Dodelikste jaar in drie dekades vir joernaliste
Internasionaal word berig dat verlede jaar die dodelikste jaar vir joernaliste in meer as drie dekades was en die meeste van hulle is in die Midde-Ooste dood. Volgens ‘n verslag deur die komitee vir die beskerming van joernaliste, het minstens 124 joernaliste en mediawerkers in 2024 gesterf. Byna 70 persent hiervan was weens optrede deur die Israelse weermag in Gaza en Libanon, met 82 Palestynse joernaliste in Gaza wat dood is. Die Israelse weermag ontken in ‘n verklaring aan CNN dat hulle mediawerkers teiken en sê daar is inherente risiko’s verbonde om in ʼn aktiewe gevegsone te wees.