AgriForum soek optrede teen water- en sanitasiekrisis

AfriForum sê doeltreffende gevolgsbestuur is uiters belangrik om die water- en sanitasiekrisis aan te pak. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ernstige diensleweringsmislukkings in munisipaliteite ontbloot het. Die organisasie vra aanspreeklikheid, veral omdat daar nie gehoor gegee word aan hofbevele om kwessies rakende rioolstortings reg te stel nie. Marais de Vaal van AfriForum het die regering versoek om munisipale nakoming wettig af te dwing om verdere omgewingskade te voorkom: