Valentynsdag-besteding sal glo sowat verdubbel vanjaarFebruary 14, 2025
FNB verwag besteding op Valentynsdag sal vanjaar weer met dubbelsyfers toeneem. Dit volg op ‘n styging van 11-persent op ‘n jaargrondslag in 2024. Besteding aan sjokolade, blomme, geskenke en juweliersware het aansienlik toegeneem, met ‘n styging van 60-persent in sjokolade-aankope en 83-persent in blomme in die aanloop tot Valentynsdag. FNB se woordvoerder, Ashley Saffy, moedig verantwoordelike besteding, veilige transaksies en die gebruik van virtuele kaarte aan.