Uraanprys laag, sal meer sak: kennerFebruary 14, 2025

Die uraanprys was 67,70 Amerikaanse dollar per pond op 13 Februarie, af van 75,06 dollar op dieselfde datum verlede maand en 98,89 dollar op dieselfde datum ‘n jaar gelede. Dit is ‘n afname van 8,2 persent sedert verlede maand en ‘n daling van 33,59 persent vanaf verlede jaar. Dit staan in sterk kontras teenoor verlede jaar, toe die uraanprys ‘n hoogtepunt van meer as 108 dollar per pond bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner, Harald Schütt, wat ‘n rede vir die verandering gee.