SA tronke soek beter veiligheidsmaatreëlsFebruary 14, 2025
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste Werkersvakbond vra die Departement van Korrektiewe Dienste om veiligheidsmaatreëls by alle fasiliteite te hersien en te verskerp. Dit volg nadat Yanga Wayithi, wat ʼn vonnis van ses maande vir diefstal en oortreding uitgedien het, Dinsdag uit die Pollsmoor-gevangenis ontsnap het. Hy is Woensdag weer vasgetrek. ʼn Vakbondwoordvoerder, Alude Jizana, sê die departement moet ook genoeg opleiding en hulpbronne bied aan gevangenisse se veiligheidspersoneel.