Sandverhaar-spoor steeds nie opgeknapFebruary 14, 2025

Die rehabilitasie van die Sandverhaar na Buchholzbrunn-spoorlyn in die Karas-streek het nog ‘n terugslag gehad. Die Openbare Verkrygingsoorsigpaneel het die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië beveel om binne 30 dae ‘n bod in die finansiële stadium te herevalueer. Die werk behels ‘n 40km-spoorlynopgradering wat die drakrag van 16 ton per as tot 18,5 ton per as sal verhoog. Dit is noodsaaklik vir die vervoer van mangaan vanaf die Noord-Kaap na die Lüderitz-hawe. Dit is die tweede keer dat die bod-evalueringsproses uitgedaag word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kendall Swartz, die uitvoerende hoof van kommersieel en bemarking by TransNamib.