SA kenner verkies tot hoë AU-posFebruary 14, 2025
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het Lerato Mataboge gelukgewens met haar geskiedkundige verkiesing tot die pos van kommissaris vir Infrastruktuur en Energie van die Afrika Unie. Sy is tans die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging. Lamola se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Mataboge sal ‘n deurslaggewende rol speel in die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en die versterking van energiesekerheid dwarsoor Afrika.