Pogings om Gauteng as beleggingspilpunt te vestigFebruary 14, 2025

Die Gautengse regering gaan sy poging opskerp om die provinsie te posisioneer as ‘n top-beleggingspilpunt. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het Donderdag die Gautengse Beleggingsentrum van stapel gestuur, wat ‘n eenstop-beleggingsfasiliteringspilpunt is gemik op die vermindering van rompslomp en die versterking van beleggersvertroue. Die beleggingspoging sal uitloop op die Gautengse Beleggingskonferensie in April. Valdene Reddy van die Johannesburgse Aandelebeurs sê die doel is om oor die volgende drie jaar 800-miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggingsbeloftes in te win: