Nujoma-begrafnis op 1 Maart, en dis vakansiedagFebruary 14, 2025

Proklamasies is in die Staatskoerant gepubliseer dat president Nangolo Mbumba ‘n staatsbegrafnis vir stigterspresident Sam Nujoma verklaar het. Nujoma sal op Saterdag, 1 Maart in die helde-akker buite Windhoek ter ruste gelê word. Die dag is ook as openbare vakansiedag verklaar. Die amptelike routydperk sal strek vanaf 9 Februarie tot 1 Maart.