Na beesbedryf, is pluimvee tweede grootste

Die plaaslike pluimveebedryf boer goed vorentoe en het die tweede grootste bydraer tot landbouproduksie geword na die beesbedryf. Die produksiewaarde het met 13,74 persent gestyg vanaf 1,5 miljard Namibiese dollar in 2023 tot 1,74 miljard verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewas- en pluimveeproduksie by Agribank. Hy verwag verdere groei.