München-ramp was ‘n aanval
Die polisie sê die bestuurder van ‘n motor wat Donderdag in die Duitse stad, München, in ʼn groep mense ingeploeg het, is ‘n 24-jarige Afgaanse asielsoeker. Minstens 28 mense is beseer toe die motor in ‘n betoging deur die vakbond, Verdi, vasgejaag het. Owerhede beskou die voorval as ‘n moontlike aanval en plaaslike amptenare sê die polisie is bewus van die verdagte weens oortredings vir diefstal en dwelms. Die ongeluk het gebeur slegs ure voor wêreldleiers in die stad sou aankom vir die Münchense Veiligheidskonferensie.