Kommer oor konflik van belange met Musk
Veertien Amerikaanse deelstate het ‘n federale regsgeding teen president Donald Trump en Elon Musk aanhangig gemaak en Musk se rol as hoof van die nuwe departement van regeringsdoeltreffendheid uitgedaag. Hulle sê sy oënskynlik onbeperkte mag is ongrondwetlik. Daar is ook geen sekerheid in watter amp hy praat of, met wêreldleiers vergader nie – praat hy as sakeman of regeringsamptenaar, soos die kommentaar wat hy by die Doebai Wêreldberaad gemaak het…