Haaie takel Bulle sonder voorste BokkeFebruary 14, 2025
Rugby: Die Haaie durf die Bulle sonder ʼn aantal Springbokke aan wanneer hulle môre in die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld in Pretoria speel. Vincent Tshituka bly kaptein in die afwesigheid van Springbokke, Eben Etzebeth en Siya Kolisi. Die Haaie het ʼn Springbok-voorry met Ntuthuko Mchunu, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane. Grant Williams en Siya Masuku is die skakelpaar en Lukhanyo Am speel saam met Jurenzo Julius in die middelveld en Ethan Hooker, Yaw Penxe en Jordan Hendrikse is die agterste driehoek.