Gravel Burn wil SA vestig as grondpad fietsry-mekkaFebruary 14, 2025
Fietsry: Die eerste Gravel Burn, ‘n internasionale grondpad-skofwedren, wil Suid-Afrika vestig as die grondpad-fietsry-mekka van die wêreld. Die sewedaagse wedren oor 850-kilometer sal op 26 Oktober in Knysna in die Wes-Kaap begin en op 1 November by die Shamwari-privaat wildreservaat in die Oos-Kaap eindig. Nedbank is die amptelike borg van die byeenkoms. Khensi Nobanda van die bank verwag die wedren sal die streek se ekonomie ‘n hupstoot gee.