Colombiane gelukkigste in verhoudings, Japanese ongelukkigste
Dis Valentynsdag en Ipsos het ‘n opname in 30 lande gedoen oor hoe tevrede mense is met hulle lewensmaat. Colombiane is die meeste tevrede op 82 persent en Thailand, Mexico en Indonesië is saam tweede op 81. Suid-Afrika is 11de geplaas op 77. Japanners is die mees ongelukkigste op 56. Millennials is oor die algemeen die gelukkigste op 63 persent gevolg deur Gen X en Gen Z op 58 persent. Baby Boomers is die ongelukkigste op 55 persent.