Amper N$50m in mosiehof geëisFebruary 14, 2025
Daar was 103 aansoeke vir verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof hanteer waarvan 13 op die reël 108-rol was. Regters Nate Ndauendapo en Hannelie Prinsloo het die sessies hanteer met kommersiële banke wat 52 aansoeke gebring het. Die banke eis 24 eiendomme ter waarde van 35 miljoen Namibiese dollar op en vra betaling van 14,3 miljoen dollar se skuld vir lenings. Regters Doris Hans-Kaumbi hanteer Maandag 75 onverdedigde egskeidings.