Verlenging van stemdae was onwettig – SwartbooiFebruary 13, 2025

Die hooggeregshof sal op 28 Februarie uitspraak lewer oor die uitdaging oor die presidensiële verkiesing terwyl die hoërhof, wat ook ‘n aansoek aanhoor oor die parlementêre verkiesing en die verlenging van stemmery, daarvoor wag voor hy sy verhoor hervat. Die partye wat die uitdagings gebring het is die IPC en die LPM. By ‘n perskonferensie in die hoofstad vanoggend het LPM-leier Bernadus Swartbooi die kern van hulle saak so uiteengesit.