Swapo-manifes: Wat’s die probleem, ons kom beloftes na

Die regering se implementering van die Swapo-manifes lok steeds reaksie uit. Terwyl die party se sentrale komitee-lid Ephraim Nekongo uitlig dat die party eenvoudig sy beloftes aan kiesers nakom, is daar kommer oor die koste van die manifes, net minder as 86 miljard Namibiese dollar. Nekongo sê verder saboteurs sal nie geduld word nie.